In the news:
Eclipse
- Animation2 (difference between solar & lunar)
in die
laerskool
1. Beplanning
van 'n rekenaarsentrum 1.1 Lokaaluitleg 1.2 Hardeware |
2.1 Regulering van die netwerk 2.2 Klasreëls |
3. Drukwerk |
4.1 Desktops |
5.1 Klasonderwysers |
7. Sagteware |
8. Die Internet |
Wanneer 'n skool 'n fortuin spandeer om 'n rekenaarsentrum in te
rig, kan dit nie aanvaar word dat goeie rekenaaronderrig daarbinne sal
plaasvind nie. Dit verg sorgvuldige
beplanning om 'n gebalanseerde program daar te stel wat
1. die aanleer van rekenaarvaardighede insluit, asook
2. opvoedkundige rekenaarprogramme en
3. rekenaargesteunde onderrig (waar die rekenaar ingespan word as hulpmiddel in die leerproses)
Daar is maatskappye wat rekenaarsentrums in skole bestuur teen
vergoeding, en sommige van hierdie programme is werklik uitstekend. Ongelukkig is dit gewoonlik 'n duur opsie,
en dikwels is dit eensydig: die klem
val slegs op een aspek, bv. Rekenaargeletterdheid, Lees of Wiskunde. Daar is ook min of geen integrasie met die
leerplan nie. Vir hierdie programme kan
gerus plek gemaak word op 'n deeltydse basis, bv. smiddae of sekere
ander tye. Fondse deur hierdie
aktiwiteite en klubs geïn kan die lopende kostes, soos ink, help dek.
Min skole het 'n voltydse rekenaaronderwyser, en die wat wel so
'n pos beklee is dikwels ook verantwoordelik vir skooladministrasie, die
ontwerp van webbladsye, selfs tikwerk.
Gewone onderwysers moet dikwels, te midde van 'n reeds oorvol
akademiese- en sportprogram, nog tyd te maak om sinvolle rekenaaraktiwiteite
vir hul klasse te beplan (baiekeer sonder enige vorm van opleiding).
Omdat min mense die unieke probleme van die rekenaaronderwyser
verstaan, hoop ek om met hierdie webbladsy van hulp te wees met sekere
sake. Ek is steeds voltyds in die onderwys,
en kan dus nie aanbied om 'n hulplyn te beman nie, maar stuur gerus 'n e-mail
as daar 'n spesifieke probleem is wat op die webblad bespreek kan word.
1. Beplanning van die
rekenaarsentrum:
Vroeër moes menige rekenaaronderwyser maar tevrede wees met 'n
stoorkamer of donker kamer iewers waarin niemand anders wou klasgee nie. En dikwels moes die hele klomp apparaat
gereeld geskuif word na 'n ander lokaal!
Maak sekere dat daar 'n permanente lokaal aan jou toegeken
word, verkieslik in die middel van die skool, vanwaar netwerkkabels na die res
van die skool gelê kan word, sodat drukkers, telefoonlynlyne, ens. gedeel kan
word. Besoek gerus ander skole om idees
te kry.
1.1 Lokaaluitleg:
Die "visgraat"-lokaaluitleg werk uitstekend: As die onderwyser agter in die klas staan,
kan hy al die skerms sien; as hy voor
staan, kan almal hom sien; daar is
genoeg ruimte om behoorlik te beweeg. Dis maklik om
goeie dissipline hier toe te pas.
Diagram van die
visgraatuitleg:
Alle leerders
kan die onderwyser of bord/projektor voor in die klas sien
As die
onderwyser agter in die klas (X) beweeg, kan hy al die rekenaarskerms
sien.
Optimale
benutting van spasie - genoeg ruimte om vryelik rond te beweeg.
'n Oop spasie agter 'n rekenaar maak dit soveel makliker om probleme op te los.
1.2 Hardeware
BELANGRIK: Begroot om
elke jaar minstens 20% van die aanvanklike koste van die rekenaars vir opgradering.
Dit voorkom ‘n probleem wat baie skole het:
'n Klomp geld word spandeer aan ‘n goeie rekenaarsentrum, maar geen
verdere opgradering vind plaas nie, sodat dit binne enkele jare totaal verouderd en feitlik
onbruikbaar is.
Wanneer u rekenaars aankoop, hou in gedagte dat die huidige
("entry level")-rekenaars gewoonlik die beste en billikste opsie is.
Moenie u laat mislei deur persone wat beweer dat skole met baie minder as dit
kan klaarkom nie. Indien u wel ‘n skenking van ou rekenaars iewers in die hande
kan kry, gebruik dit as alleenstaande rekenaars in die klasse* vir verryking,
ens. Moenie dit in die rekenaarlokaal gebruik nie: daar is niks so frustrerend
vir ‘n rekenaaronderwyser om met ‘n mengsel van ou en nuwe tegnologie in
een lokaal te sit, met apparaat wat verskillend werk as ander (of nie behoorlik
werk nie)!
Ek wil ook waarsku: bykans elke persoon het 'n familielid of
vriend wat rekenaars verkoop! Om uself
te beskerm, bly weg van hierdie "kontakte": Gebruik 'n plaaslike netwerkingenieur met 'n goeie reputasie. Dis
ook 'n puik idee om 'n groep ouers in 'n komitee te kry wat rekenaarkenners/
gebruikers in 'n groot organisasie is (maar nie sélf rekenaars verkoop nie).
Hulle kan waardevolle insette lewer.
Indien u beplan om twee
leerlinge op ‘n slag ‘n rekenaar te laat gebruik, is dit ‘n goeie idee om ‘n
effens groter skerm te kry, wat nie soveel duurder is nie.
Vir administratiewe gebruik op een rekenaar, bv. vir ‘n
sekretaresse, is ‘n inkjet-tipe drukker goed. Vir ‘n sentrum met verskeie
rekenaars is ‘n goeie laserdrukker ‘n vereiste - ons het tot dusver baie
goeie diens gehad van ons Epson EPL 5000; dis reeds sewe jaar oud, druk pragtig
en gee geen probleme nie.
Daar is verskeie artikels op die Internet beskikbaar oor
"ergonomics". Parow
onderwysersentrum (en waarskynlik ook die ander onderwysersentrums het
voorskrifte oor die korrekte hoogte van tafels en dies meer.
Ek wil ten sterkste beaam wat Gerald Roos (voorheen
rekenaarkoördineerder by Parow Onderwysersentrum) 'n paar jaar gelede aan my
skoolhoof gesê het: Dis belangrik dat ‘n skool nie sy
rekenaarkoördineerder oorlaai nie: stel hom vry van buitemuurse bedrywighede en
maak hom ‘n aantal periodes per week los om die netwerk in stand te hou
en rekenaaraktiwiteite te koördineer.
2.1 Regulering van die netwerk
'n Program wat ek die afgelope jaar gebruik, en vir my regtig
onontbeerlik geword het, is Netop School. U kan meer inligting hieroor kry en 'n 30 dae-demo gratis gaan
download by http://www.netunlim.co.za/
of by http://www.netop.com/. U kan ook vir Ighsaan Akoojee skakel by 021-531 6000 of 082 965 7714. (Die user login vir die demo is eval en die wagwoord is expo ).
Dit werk soos volg:
Voorheen het al my leerders op die mat voor die 17-duim
rekenaarskerm gesit sodat ek aan hulle verduidelik. Dikwels kan hulle nie behoorlik sien nie. 'n Mens kan ook nie te veel op een slag wys
nie, dan vergeet hulle. Leerders moes
telkens tydens lesse weer mat toe geroep word vir verdere verduideliking, wat
baie tyd mors (elkeen wil net "gou-gou nog iets doen").
Met Netop School hierdie program bly die leerder op sy stoeltjie
sit, hy kyk na sy eie skerm en sien presies wat die onderwyser doen en waar hy
kliek - 'n ongelooflike hulpmiddel!
Die onderwyser kan ook al die skerms "vries" met 'n blanko
skerm om leerders se aandag te kry, of op 'n leerder se skerm ingaan om te
help.
2.2 My goue klasreëls:
Geen leerder mag ooit aan 'n ander leerder se sleutelbord of muis
raak nie. Sterk leerlinge is ongelukkig
soms geneig om die werk vir al die ander te doen.
Hul mag wel soms help deur te wys met die vinger.
Ook die onderwyseres neem nooit die muis by die leerling nie,
maar sit eerder haar hand bo-op 'n onseker leerling s'n en druk saam met
haar die knoppie totdat sy verstaan.
Waar twee
leerlinge soms 'n rekenaar moet deel, word toegesien dat hulle beurte
neem en een leerling nie die ander oorheers nie.
3. Drukwerk:
Laserdrukkers se ink (slegs swart) is gewoonlik heelwat goedkoper
is as die inkjet-tipes - ons gebruik dit vir die meeste drukwerk. So twee keer per jaar druk ons in kleur, bv.
'n les wat konsentreet op kleur (bv. Graad 2 - reënboog en sonneblom), asook
spesiale lesse, soos moedersdag-kaartjies/aktiwiteite. Die opstelling van die kleurdrukker moet op
elke rekenaar soos volg gestel word om minder ink te gebruik:
Kliek op Start, Settings, Printers
Right-click op die korrekte drukker-icon, en kliek dan op
Properties.
Soek iewers in die Setup (dit
verskil van drukker to drukker) en stel die kleur na Draft of Econofast, wat
heelwat minder ink gebruik.
Kliek dan op OK. Hierdie
is dan nou die printer se default en dit sal elke keer outomaties minder ink
gebruik - hou dit so.
As u hierna een dokument in Normal wil gaan print, moenie die
default gaan verstel nie: Kliek op
File, Print in die program, en kliek dan bloot op Properties en verstel dit
daar na Normal. (Dit geld slegs vir die
huidige sessie - volgende keer wanneer u die program oopmaak, sal dit weer
outomaties teruggaan na draft/econofast).
Nie alle rekenaaronderwysers het die tegniese kennis of
-belangstelling om rekenaarhardeware in stand te hou nie. Probeer
'n ooreenkoms met 'n plaaslike netwerkingenieur of rekenaarfirma te
sluit wat geskakel kan word om ernstiger probleme te hanteer.
4.1 Desktops
Hierdie wenk het my reeds ontsettend baie tyd en frustrasie
bespaar:
In die Windows-9x-omgewing moet programme een vir een op elke
rekenaar geïnstalleer word, "icons" moet op elke rekenaar gemaak
word. Hierdie tipe instandhouding is 'n
eindelose taak, veral as leerders nog boonop per ongeluk "icons"
uitvee of "rename". Gebruik
liewer jou netwerkhardeskyf en laai icons daarop: Maak 'n folder, bv. Educational.
(Stel die regte sodat leerders nie kan uitvee of verander daaraan
nie). Op elke rekenaar, maak Windows
Explorer* oop en right-click op hierdie folder, en kliek op Send to
...Desktop (create shortcut).
Hierna kan jy enige icon binne daardie folder plaas, en
dit sal outomaties op elke rekenaar verskyn.
* Hou die ÿ-knoppie in en druk E om vinnig in Windows Explorer in te gaan
Die Netop School program
(sien hierbo) is ook baie handig om programme gelyktydig op alle rekenaars te
installeer.
Sit minstens 'n uur per week opsy waarin daar geen leerders in
die rekenaarlokaal is nie (vra die skoonmakers of hulle terselfdertyd kan kom
skoonmaak). Gebruik hierdie tyd om
scandisks en /of (of alternatiewe weke) defrags te doen op al die
rekenaars. Vee ook onnodige files uit,
bv. die in die Windows/Temp-folder.
Sodra 'n rekenaar minder as 100 MB vry het, kan probleme ontstaan
wanneer jy print, ens.
5.1 Rekenaarklasse deur klasonderwysers gegee
A. Voordele
Die hele
personeel kry gewoonlik opleiding, wat ‘n geweldige rippeleffek kan
hê:
Personeel
groei persoonlik hierdeur en hulle selfvertroue neem toe.
Drukwerk
soos nuusbriewe, plakkate en kennisgewings aan ouers, werktake aan leerlinge,
ens. word professioneel afgerond.
Hierdie
verbeter die algemene beeld van die skool.
Die skool
bespaar die ekstra uitgawe van ‘n voltydse rekenaarpersoneellid.
B. Nadele
Daar is minder
beheer oor die rekenaarlokaal, omdat daar nie ‘n voltydse
rekenaaronderwyser was nie.
Dit neem
dikwels langer geneem voordat ‘n probleem, soos ‘n stukkende muis, ‘n
program wat nie wou werk nie, ens. aandag kry.
Reëls van
die rekenaarlokaal is nie altyd uniform toegepas nie.
Die ideaal is om 'n voltydse rekenaaronderwyser aan te stel, maar
indien dit onmoontlik is, kan 'n stelsel waar slegs 'n paar personneellede 'n rekenaarkomitee vorm en al
die klasse gee, ook goed werk.
6. Rekenaaraktiwiteite
smiddae na skool:
Ons het
vroeër rekenaarklasse smiddae aangebied, wat baie gewild en suksesvol
was.
Ons rekenaarklub
vir die sterkste leerlinge is na 'n tyd gestaak. Dit was 'n té diverse groep t.o.v. ouderdom, rekenaarkennis en
belangstellings.
Gedurende
1997 het het ons ‘n Australiese program, "Link Ideas", begin volg met leerlinge
wat reeds lank klasse geneem het. Dit bestaan uit twee boekies met
werklik uitstekende lesse. Die skrywer,
Jennifer Elwin, het sedertdien verdere boeke uitgegee - gaan kyk gerus na haar
website.
Ons het dit
toenemend moeiliker gevind om die groot administrasie van rekenaarlesse smiddae
(indeling van leerlinge in groepe, invordering van geld, navrae van ouers,
ens.) te hanteer te midde van ‘n druk onderrigprogram.
Tyd was ook
beperk vir beplanning en voorbereiding van nuwe lesse, en navorsing oor
die beste programme (daar was geen voltydse rekenaaronderwyser op daardie
stadium nie, en alles moes na ure ingepas word).
Ek stel dus
voor dat skole maatskappye van buite nader om rekenaaraktiwiteite na skool aan
te bied, soos Futurekids (rekenaargeletterdheidsklasse), Stimulus
Maksima (leesklasse, ens.) en/of Mastermaths (wiskundeklasse vir Gr
6 en 7). Dit kan beide partye tot
voordeel strek. (Tans is daar ook twee
personeellede by ons skool wat smiddae private rekenaarklubs aanbied - Junior
en Senior).
Ons hef
tans 'n vaste tarief vir enigeen wat lesse/aktiwiteite in die rekenaarlokaal
wil aanbied (tans R5 per rekenaar per uur vir leeders uit ons eie skool, R10
per rekenaar per uur vir ander persone*).
Hulle betaal ook 'n ekstra bedrag per bladsy indien hulle die drukkers gebruik. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie werwing / advertensie en hul
besluit self hoeveel die leerder betaal per les. (*Mei 2001)
7. Sagteware
Goedkoper opvoedkundige
pryse is vir baie programme beskikbaar: doen navraag daaroor.
Wanneer oor
‘n "operating system" besluit word, kan die nuutste
een baie aanloklik lyk: maak egter seker dat dit stabiel
genoeg is en u nie onnodig probleme gaan gee nie.
Wanneer 'n
gekombineerde pakket soos Office 2000 gekies word, vind uit watter programme u
personeel alreeds ken en gebruik, en ook watter die ander skole en groot
maatskappye in die dorp/omgewing gebruik.
‘n Goeie
verskaffer van opvoedkundige sagteware is Edit Microsystems (Jenny
Labuschagne Tel 021-4474850).
Cami (info@cami.co.za) sal hul uitstekende Perseptuele
vaardighede-module asook hul leesmodule vir 'n proeftydperk kom
installeer. 'n Groot voordeel is die
tweetaligheid.
Vir skooladministrasie het ons drie jaar gelede oorgeslaan
na Access, en ons is baie in ons skik. Die program is deel van die
Office 97 en 2000-pakket, en het ons dus niks gekos nie. Ons kon vorige data maklik
"import" vanuit Saspac2, en het self ons databasis ontwikkel. Dis
lekker om self te bepaal watter velde jy wil hê of byvoeg.
Klaslyste word direk uit Access gedruk, terwyl ingewikkelder
drukwerk, soos skoolrapporte m.b.v. 'n mail merge deur MSWord gedruk word, met
toegang tot 'n groot verskeidenheid "fonts" en "clipart".
Aangesien daar deesdae in die laerskool baie min verwerking van punte plaasvind
(geen groottotaal, gemiddelde persentasie, ens. word meer uitgewerk nie), word die
skooladmin baie makliker en word minder van ‘n skooladminpakket vereis.
7.2 Programme
wat elke onderwyser moet hê
Hierdie programme is gratis beskikbaar en kan gedownload word van die
Internet. Gaan soek by ZDNet as u dit nie kan opspoor nie.
Winzip word
gebruik om programme saam te pers sodat dit minder spasie (bytes)
opneem. Dit kan ook saamgeperste programme weer "extract" of
unzip. Die redes hiervoor is
gewoonlik Soms hoef jy net te double-click
op 'n program se naam en dit unzip outomaties, installeer homself op jou
rekenaar, vee die tydelike files uit en maak 'n icon op jou desktop! Ongelukkig werk dit nie altyd so nie en
baie hiervan moet "manually" gedoen word. Settings: Ek verkies Winzip Classic |
Maths Worksheet Creator Lite 'n Gewilde program om
Wiskunde-werkvelle mee op te stel. File: Mathwzip.exe Icon: Outomaties |
Acrobat Reader Op die internet is verskeie wonderlike werkvelle en hulpmiddels
vir onderwysers in Acrobat Reader-formaat.
Dit word meer dikwels op gebruik as MSWord, want Acrobat Reader is 'n
klein program en heeltemal gratis. Jy
kan egter nie verander aan die files nie.
Installeer dit om enige .pdf-file te kan oopmaak (bv. die
craft-files). HewlettPackard gee
gereeld nuwe projekte op hulle website in hierdie formaat (bv. die
twaalfhoekige kalenders, ens.) - dis die moeite werd om gereeld daar te gaan
inloer, veral net voor seker spesiale dae soos Moedersdag, Paasfees, ens. Gaan besoek hulle by http://www.hp.com/printing_ideas/index.html
. |
Vir die volgende programme
het jy 'n Internet-konneksie nodig. |
Getright Dikwels download jy ure lank aan 'n program en dan kry jy foute
daarin (weens 'n swak foonkonneksie of ander redes), of jy word halfpad
afgesny en moet weer van voor af begin (en jy betaal die heeltyd
telefoonkoste). Getright is werklik
uitstekend: jou downloads is meer
betroubaar. As jy jou konneksie
verloor om watter rede ook al, laai hy net die file later weer verder af. |
Webferret Webferret is 'n program op jou desktop om te help inligting kry
op die Internet. Dis makliker om te
gebruik as die meeste search engines:
dit gee die naam van (500!) websites.
Settings: Gaan na View, Options, Filters, Kliek in
Pornography en Foul Language, dan Lock en tik 'n password in. |
8. Die Internet
Hoe maak julle seker dat leerders nie lelike goed op die Internet sien nie? Dis 'n vraag wat ek baie gereeld hoor by
ouers!
Daar is meer as 'n biljoen bladsye op die Internet. Hierdie bladsye bly nie dieselfde nie, maar
dit word gedurig bygewerk, daar word nuwes geskep en oues verwyder.
Die twee hooftipes internet-sekuriteit is gebaseer op
A die sif van filenames en woorde
B persone wat "kla" oor die inhoud van 'n blad.
A werk nie altyd nie, want
1) wat 'n lelike woord in
een taal is, is nie in 'n ander taal nie
2) Clarissa of November kan heel onskuldig klink, maar die
prentjie wat daarmee saamgaan, is nie noodwendig nie.
3) Baie ander woorde is dubbelsinnig en kan verskeie betekenisse
hê. Die verkeerde een glip maklik
deur! Besluit jy om die woord
"breast" te blokkeer, blokkeer jy ook alle artikels soos "breast
stroke", "breast cancer:, ens.
B werk ook nie altyd nie, omdat
daar eenvoudig te veel bladsye (files) op die Internet is om te
kontroleer. En sodra iemand kla oor
Clarissa, haal hulle haar af en sit vir Michelle op ...
Enigeen wat gereeld op die Internet werk, kan getuig dat hierdie
bladsye soms uit die bloute voor jou verskyn, en dat jy dikwels self nie eens
mooi verstaan watter verband dit het met dit waarvoor jy nou eintlik gesoek het
nie.
Waarskuwing:
1.
Jong kinders gaan soek ook
dikwels vir "cheats" vir "games" - d.i. wenke om beter te vaar in hulle speletjies. Baie van hierdie "cheat pages" is
vol advertensies vir pornografie, ens.
2.
Kinders spel ook nie altyd so
goed nie, en iemand sal dit wel probeer uitbuit. As jy na die e-posblad www.hotmail.com wil gaan en per ongeluk
"hotmale" skryf, kan dit gevaarlik wees.
3.
Nog 'n gevaarlike plek is
"chat rooms": As onderwyser
het jy geen beheer oor wat die ander persoon vir jou leerders gaan sê nie. (Eendag het een van my Graad 7-meisies die
volgende vraag op haar "chat"-skerm gekry: "Is there any girl in here who wants to cyber?" Gelukkig het sy nie verstaan wat hy bedoel
nie!)
My benadering tot hierdie dilemma: Preek, dreig en toesig!
A Preek!
Praat met die leerders en verduidelik wat die Internet is en hoe
dit werk. Verduidelik dat daar goeie en
slegte mense is, en dat enigiemand enigiets op die Internet kan
sit. Verduidelik die term dubbelsinnig,
dat 'n woord soms meer as een betekenis kan hê, 'n mooie en 'n lelike. En dat jy soms per ongeluk iets lelik
op jou skerm kan kry, al het jy nie eens daarvoor gesoek nie.
Wat moet jy doen as dit gebeur?
Kliek onmiddellik op die X bo-aan om dit toe te maak. Moenie daarna kyk nie. Moenie vir jou maats roep om vir hulle te
wys nie.
B Dreig!
Stel duidelike reëls oor wat met leerders gaan gebeur wat
doelbewus lelike goed op die Internet gaan soek.
C Toesig!
Leerders moet onder geen omstandighede sonder toesig werk
by internet-gekoppelde rekenaars nie.
'n Mens ontwikkel 'n intuïsie; hulle soek gewoonlik 'n rekenaar wat ver
weg van juffrou/meneer is. Dis nog 'n
rede waarom ek die visgraat-lokaaluitleg verkies: alle skerms is sigbaar. Netop School (sien notas elders) stel
jou ook in staat om op jou rekenaar te kyk wat 'n leerder besig is om te doen
by 'n ander werkstasie (selfs al is dit in 'n ander lokaal).
Soos reeds hierbo genoem, kan jy filters opstel in Webferret. As jy dit altyd gebruik as soekenjin, is dit
reeds 'n groot hulp. Stel dan ook Internet
Explorer soos volg op om verder te help filter:
Tools, Internet options, Content, Enable, skuif na Level 2,
General, kliek in Users can see sites that have no rating*, Change password…,
Apply, OK…
* die meeste sites het geen rating nie, en feitlik elke bladsy
gaan vir jou 'n fout gee as jy hierdie opsie kies.
Groete, en sterkte met u taak!
Lynn Doyle
Comments about this site:
mailto:doyle_l@hotmail.com
------------------------------------------------
9. CD
met lesse en hulpmiddels beskikbaar vir skole
Download
an example lesson
in Windows Paintbrush
suitable for
second half of Grade 1
or
first half of Grade2
Hierdie CD bevat deeglik getoetste rekenaarlesse
("templates") in beide Afrikaans en Engels, en is opgestel sodat
selfs onderwysers met relatief min rekenaarkennis dit maklik sal kan
gebruik. Lesse kan net so gebruik word
(aanbeveel vir die eerste jaar), of aangepas word om by 'n skool se leerplan in
te skakel. Die "templates"*
op die CD is geskik vir Windows 95 en Office 97/2000 (Microsoft Powerpoint,
Word, Excel en Access), en ook Windows-programme soos Paint.
*(Templates is rekenaartake waarop sekere dinge reeds
verskyn. Die leerder oefen sekere
vaardighede deur by te voeg of te verander.
)
Hoewel daar heelwat demonstrasie-, "free-" en
"shareware"-programme gratis beskikbaar is op die Internet en elders,
het min onderwysers tyd om te gaan soek daarna of om dit te gaan toets op die
netwerk. 'n Paar hiervan is ook (met
toestemming van die uitgewers) beskikbaar op die CD, sowel as ander hulpmiddels
vir onderwysers. bv. sommige van die programme hierbo genoem. Die "templates" (en sommige van
die opvoedkundige programme) kan direk van die CD gebruik word en neem dus geen
plek op op die hardeskyf nie.
In die meegaande handleiding is heelwat wenke t.o.v.
rekenaarlokaalbeplanning en -klasorganisasie.
Omdat daar daagliks groot veranderings plaasvind op rekenaargebied,
voorspel ek dat die handboek gou-gou sal verouder: gaan loer gerus na die webbladsy (www.computerteacher@50megs.com)
vir aangepaste notas en verdere "templates". U is ook welkom om wenke, vrae en versoeke
te stuur na mailto:doyle_l@hotmail.com.
Ek glo dat hierdie CD u personeel sal stimuleer en motiveer tot
uitstekende rekenaaronderrig: die
beste belegging nóg vir u rekenaarsentrum!
Pryslys: |
1 kopie |
5-pak |
10-pak |
Beskikbaar |
a) Handleiding plus notas* vir Graad R-3-lesse |
R60 |
- |
- |
Junie 2001 |
b) Handleiding plus notas* vir Graad 4-7-lesse |
R60 |
- |
- |
Aug 2001 |
c) Graad R-3 CD |
R150 |
R375 |
R475 |
Junie 2001 |
d) Graad 4-7 CD |
R150 |
R375 |
R475 |
Aug 2001 |
Posgeld en verpakking |
Ingesluit by bestelling |
* Notas is ook op die CD-beskikbaar.
U kan dit ook self druk en hoef
dit dan nie by te bestel nie.
CD - bekendstellingsaanbod:
Slegs R125 indien u bestel voor 30 Junie
Maak
asseblief tjeks uit aan L. Doyle.
Pos
aan Malbecstraat 32, Somerset-Wes, 7130.
Laat
asseblief twee tot drie weke toe vir aflewering.
Stuur vir my 'n -mail indien jy enige vrae of versoeke het!
9.1 Voorbeelde van die
lesse beskikbaar
Paintbrush-les
GraGraad
R
Onvoltooid (template) Voltooide
les
Powerpoint-les Graad 2
(voltooid)
Nota:
Rekenaarkennis
wissel geweldig tussen leerders van dieselfde ouderdom, hoofsaaklik n.a.v.
vorige blootstelling aan die rekenaar of rekenaarlesse.
Lesse wat ek drie jaar gelede vir Graad 3-leerders is, is nou hopeloos
te maklik vir hulle (nadat hulle reeds in Graad 1 en 2 rekenaarlesse ontvang
het). Beskou dus die Graad by die lesse
as net 'n aanduiding . 'n Graad
1 les sou byvoorbeeld vir Graad R of vir Graad 2 gebruik kon word, afhangend
van die groep leerders.
Please send comments about
this site to :
mailto:doyle_l@hotmail.com